![](http://www.cdpauctions.co.za/wp-content/uploads/2021/08/Picture1.jpg)
IDF VERKOOPSVOORWAARDES
VIR ALLE ILE DE FRANCE VEILINGS WAT ONDER BESKERMING
VAN DIE GENOOTSKAP AANGEBIED WORD
Die IDF Genootskap, in samewerking met telers, poog dat kopers wat diere onder die beskerming van die Genootskap koop, heeltemal tevrede sal wees met daardie diere.
Nieteenstaande die feit dat diere so deeglik moontlik deur die keurders paneel, wat deur die Raad aangestel is, deurgekyk sal word vir enige afwykings vanaf rasstandaarde, kan daar foute deurglip, of later ontstaan en sigbaar word. Sekerheid word egter gegee dat daar doeltreffende prosedures bestaan om enige moontlike ontevredenheid binne die gegewe tydperk te ondersoek en reg te stel, indien dit sou ontstaan.
Indien die koper (nuwe eienaar) binne drie (3) weke nadat ‘n dier by ‘n veiling aangekoop is, ongelukkig is met so dier omdat die dier nie voldoen aan rasstandaarde nie en duidelike prulfoute waarneembaar is, moet hy onmiddellik die teler (verkoper) van die dier en die Genootskap in kennis stel.
Dragtigheid – dit word uitdruklik onder die koper se aandag gebring dat resorpsie ʼn deel van skaapteling is. Neem asseblief kennis dat die dragtigheidstatus, soos op die dag van die veiling deur die verkoper aangetoon, deur ʼn onafhanklike veearts/veekundige getoets, en dat die status na die toetse, onderhewig is aan baie faktore buite sy beheer.
Die onus rus dus egter by die koper om die dragtigheidstatus binne sewe (7) dae na die veiling te verifieer indien hy dit is nodig sou ag.
Indien die status nie ooreenstem soos deurgegee op die veiling nie, verwys na die ondergenoemde paragraaf vir regstelling deur verkoper.
Dit bly die verantwoordelikheid van die verkoper om dan die dier te vervang indien daar wel ‘n prulfout/dragtigheid verskil blyk te wees of om die koopprys minus veilingskommissie terug te betaal aan die koper.
Die koper moet egter eers die betrokke dier, terugbesorg aan die verkoper in dieselfde gesonde toestand as waarin die dier was tydens die veiling. Geen gevolgskade mag geëis word vanaf die verkoper deur die koper nie. Na die verloop van drie (3) weke sal die koper geen eise hê nie.
Die Genootskap tree te goeder trou op en die koper en verkoper vrywaar die Genootskap van enige eise hoegenaamd in die verband.